Priapos

Priapos
Griekse god

Naam Priapos
God van Vrugbaarheid; beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele
Simbool Donkie, blomme, vrugte, groente, vis en bye
Ouers Dionysos en Afrodite
Broers en susters Eros, Pan, Hermafroditos, Grasieë e.a.
Romeinse eweknie Mutunus Tutunus

Priapos of Priapus (Grieks: Πρίαπος) was in die Griekse mitologie die kind van Dionysos en Afrodite. Hy was ’n mindere god van vrugbaarheid en die beskermer van vrugteplante, vee, tuine en manlike geslagsdele. Hy word kenmerkend uitgebeeld met ’n belaglike groot, permanente ereksie en sy naam het gelei tot die mediese term priapisme.

Hy het ’n gewilde figuur geword in die erotiese kuns van Pompeji en is die onderwerp van ’n humoristies obsene versameling gedigte, die Priapeia.


Developed by StudentB